Swartwater Skouspel met die Rapport Legendes

SWARTWATER – Die Swartwater Skouspel vind vanjaar plaas op Vrydag 18 Maart en Saterdag 19 Maart 2011.  Die program is propvol vermaak en skop af met ‘n Lizz Meiring produksie die Vrydagaand om 18:00 terwyl PJ Cruz die aand vir musiek gaan sorg.

Marlize Lotz,  voormalige Idees-tydskrif se handwerk en dekorredakteur en tans Pasella se dekor guru,  kom bied werksessies aan in fop-keramiek en mosaik.  Om vir Lizz en Marlize by te woon bespreek by Celest 082 897 3736.

Die naweek beloof ook om groot pret te wees vir rally entoesiaste en gholfspelers kan reg maak vir 18 gaatjies op die pragtige Sesambos Gholfbaan aan die oewer van die Limpopo rivier.  Ilze kan by 079 500 8662 gekontak word indien jy wil gholf speel en vir die rally kan jy Adrie by 082 772 0321 kontak.

Daar is heerlike kindervermaak die heeltyd met “waterslides”,  meganiese “bull-rides”, en waterballe!  Goliat van Gat pampoenkompetisie  is ook op die spyskaart.  Ons spog ook met stalletjies waar jy allerlei produkte kan koop!

Die een vertoning wat jy nie moet misloop nie is Rapport Legendes,  ‘n 4uur-lange SHOW wat Saterdagaand om 19:00 begin met name soos Lance James,  Sonja Herholdt,  Min Shaw,  Barbara Ray,  Ricky Faber,  Marnet en vele meer.  Hierdie show beloof om vir oud en jonk te kielie onder die voete!  Jy hoef nie te bespreek vir die sangkunstenaars nie,  toegangsgelde dek die vertonings!