Rietspruitdam Hengelkompetisie lok 27 hengelaars

Nico Botha en Theunis Botha. Theunis het die tweedeplek in die Seniors Grootste Karp en derdeplek in die Seniors Grootste Barber afdelings verower tydens die Rietspruitdam Hengelkompetisie.

VENTERSDORP – Die Thabazimbi Hengelklub het hulle maandelikse kompetisie by Rietspruitdam buite Ventersdorp gehou. Die weer het mooi saam gespeel alhoewel die water baie vuil en koud was. Daar het altesaam 27 hengelaars deelgeneem. Die wenners is bepaal deur die hengelaars wat die grootste spesies gevang het naamlik, 1ste Plek moddervis, 2de Plek Karp, 3de Plek Barber. Daar is geen moddervis tydens die kompetisie gevang nie en vandaar was daar geen eerste plek gewees nie.

Die volgende plekke is verower deur: 2de plek seniors grootste karp – Theunis Botha, 3de plek seniors grootste barber – Theunis Botha, 2de plek dames grootste karp – Desiré Pretorius, 2de plek juniors grootste karp – Theunis Heydenrych. Die volgende klubkompetisie gaan plaasvind gedurende die naweek van 26 en 27 Maart by De Rust Harties. Almal sal weer stiptelik vertrek op Saterdagoggend om 05:00 vanaf Fuelzone. Alle belangstellendes kan die klubvoorsitter Nico Botha skakel by: 083 749 8557 of 083 348 2315 thabahengel@gmail.com.