Oorpopulasie by TAR

TAR het ‘n groot verskeidenheid klein katjies en volwasse katte beskikbaar vir aanneming. Hulle kan lekker speel en die kinders die skoolvakansie besig hou. Groter katte sal gou al die muise op die plaas vang. Daar is ook baie honde beskikbaar vir aanneming. Skakel gerus vir Tania by 084 885 6487.

THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue (TAR) het tans ‘n groot probleem met diere wat huise soek. Vier en twintig honde en 22 katte is beskikbaar vir aanneming. Hierdie kwessie van oorpopulasie sal aangespreek word sodra ‘n vasgestelde, goedkoper tarief by veeartse verkry kan word.

Die Charity Shop het dringend vrywilligers nodig. Volgens Paula Repko, bestuurder van dié winkel is daar ‘n verskeidenheid gholfsakke, hokkiestokke, ornamente, boeke, klere, legkaarte, kostuum juwele en speelgoed. Die besigheidsure is Vrydae 14:00 – 17:00 en Saterdag 10:00 – 13:00. Skakel haar by 083 256 6138 vir donasies.

Daar is twee Jack Russells en ‘n worsie-kruising wat vermis is, hulle word dringend deur hul eienaars gesoek. SMS Tania by 084 885 6487 indien jou dier verlore is, stuur die besonderhede en ook ‘n foto indien moontlik.

‘n Nuwe projek is in die pyplyn om donasies vir TAR te in. Diegene wat hul weg kan oopsien om R20 per maand in TAR se bankrekening te betaal, sal ‘n groot gaping in hul begroting kan toestop. Thabazimbi Animal Rescue, Standard Bank
Business Current Account, Rek Nr: 411000667, Takkode: 054 246.

TAR benodig ook dringend alle ouderdom honde-blikkieskos.