Laerskool Thaba by Provinsiale Kampioenskappe

Die atlete het almal aan die Limpopo Provinsiale kampioenskappe deelgeneem te Polokwane op Vrydag 4 Maart. Agter vlnr: Reghard Vink en Kenneth Boy. Derdery vlnr: Lee Mouton, Michelle van der Sandt, Victor Potgieter en Giniel Kock. Tweedery vlnr: Tshiimiswa Nemavhola, Tiaan Raubenheimer en Anthony Brand. Voor vlnr: Miné Lategan, Marco Myburgh en Janie du Plessis. Afwesig: Sean Thungo.

WARMBAD – Dertien atlete van Laerskool Thabazimbi het op Vrydag 4 Maart aan die Limpopo Provinsiale Kampioenskappe deelgeneem en skitterend presteer.

Die uitslae was as volg: Kenneth Boy wen goud vir 100m en 200m Seuns O/13, Tiaan Raubenheimer wen goud vir gewigstoot Seuns O/12, Victor Potgieter wen ook goud vir Seuns O/11 en Marco Myburgh wen goud vir hoogspring Seuns O/11.

Miné Lategan verower ‘n silwermedalje vir hoogspring Dogters O/10. Die volgende leerlinge verwerf almal bronsmedaljes: Sean Thungo 200m hekkies Seuns O/13, Anthony Brand verspring Seuns O/11, Reghard Vink skyfwerp Seuns O/13 en Michelle van der Sandt gewigstoot Dogters O/13.

Die volgende atlete het nie medaljes ontvang nie, maar het nog steeds baie goed presteer, Jani du Plessis 70 m hekkies Dogters O/10 vierdeplek, Anthony Brand 80 m Seuns O/11 vierdeplek, Lee Mouton hoogspring Seuns O/13, Giniel Kock 100m, 150 m hekkies en 75 m hekkies Seuns O/12, Tshiimiswa Nemavhola neem deel aan 100 m presteer ook goed, maar kon ongelukkig nie ‘n medalje huis toe bring nie.  Kenneth Boy stel nuwe rekords op met sy deelname aan die 100m en 200m Seuns O/13 en ontvang ook die trofee vir die beste baanatleet.

Altesaam vier goud, een silwer en vyf bronsmedaljes is op die dag verower. Die hoof en personeel is baie trots op die atlete se puik vertoning en bedank graag die borge vir afgelope seisoen se betrokkenheid, asook die afrigters vir hulle harde werk en die ouergemeenskap wat die skool so getrou ondersteun.