Bosveldliga lok groot gholfers

THABAZIMBI – Die Bosveldliga is verlede Saterdag 5 Maart, op Thabazimbi gholfbaan gespeel. Die spanne van Thabazimbi en Amandelbult speel gelykop. Die beste paar is Thabazimbi se Hans Human en Chris Bronkhorst met 46 punte. Twee van Seasons se spanne eindig met 44 en 43 en een van Mogol 43.

Hierdie Saterdag, 12 Maart, is dit die maandelikse Slagspel en 19 Maart vind die Bosveld Akademie se Borgdag plaas.

Northam Toyota is die nuwe borg van die Woensdag se Sonsakker. Dankie en baie welkom.

Dit was my voorreg om vir baie jare hierdie gholfnuus te skryf. Dit is egter nou die tyd om te groet. Baie dankie aan die Redakteur wat my pogings verdra het en dikwels as die emosies bietjie oorgekook het my uit die spervuur gehou het.

Vollie Volschenk