General

Bosveld Akademie ryg 32 medaljes in

Die atlete van Bosveld Akademie wat op 19 Februarie te Paardekraal deelgeneem het, agter vlnr: Janse Boshoff en Kobus Potgieter. Derde ry vlnr: Gerda Goosen, Nico Roets en Sanel Steyl. Tweedery vlnr: Hanno Greyling, Jaco Vorster en Erik Snyman. Voor vlnr: Johann Greyling, Adri van Reenen, Muller van Reenen en Christiaan Lamprecht. Afwesig: Sarah-Jane Jacobs, Shelbe van der Westhuizen en Jacques Viljoen.

PAARDEKRAAL – Die atlete van Bosveld Akademie het op Saterdag 19 Februarie te Paardekraal, Hoërskool Zwartskop meegeding en die volgende prestasies behaal:

Janse Boshoff behaal ‘n derdeplek in die Seuns O/18 200m, Kobus Potgieter behaal ‘n derdeplek in die 100m, ‘n tweedeplek in Verspring en ‘n tweedeplek in Gewigstoot in die Seuns O/19 afdeling. Gerda Goosen behaal ‘n tweedeplek in die 400m, ‘n eersteplek in die 1500m en ‘n eersteplek in die 800m in die Dogters O/14 afdeling. Nico Roets behaal ‘n tweedeplek in die 200m en eersteplekke in die 800m, 400m, en 1500m in die Seuns O/15 afdeling. Sanet Steyl neem deel in die Dogters O/18 afdeling en wen die 100m, 200m en Verspring en behaal ‘n tweedeplek in Gewigstoot. Hanno Greyling behaal ‘n derdeplek vir Seuns O/12 1200m, Jaco Vorster ‘n derdeplek vir Seuns O/12 Gewigstoot en Erik Snyman tweedeplekke in Seuns O/11 Gewigstoot en Turbospies. Johann Greyling behaal ‘n eersteplek in die Seuns O/10 Hoogspring, Adri van Reenen behaal ‘n eersteplek in die 60m en ‘n tweedeplek in die 80m vir die Dogters O/8 afdeling, Muller van Reenen behaal derdeplekke in die 60m en Turbospies vir Seuns O/6 en Christiaan Lampbrecht behaal derdeplekke vir 60m en 80m in die Seuns O/8 afdeling. Sarah-Jane Jacobs behaal ‘n tweedeplek in die 80m vir Dogters O/11, Shelbe van der Westhuizen behaal eersteplekke vir die 100m en 150m in die Dogters O/12 afdeling en Jacques Viljoe behaal ‘n tweedplek in die 60m en derdeplek in die Turbospies vir Seuns O/6 afdeling. Altesaam 12 goue medaljes, 11 silwer en nege brons het huiswaarts gekeer.