Bosveld Akademie by Noord-Transvaal atletiekbyeenkoms

Die Bosveld Akademie atlete wat aan die Noord-Transvaal atletiekbyeenkoms deelgeneem het, agter vlnr: Vincent Bester, Janse Boshoff, Kobus Potgieter, Jaco Janse van Vuuren en Gert Roets. Vierdery vlnr: Gerda Goosen, Nico Roets, Sanel Steyl en Victor van Aswegen. Derdery vlnr: Erik Snyman, Ivan Frohlich, Sarah-Jane Jacobs, Ockert Goosen, Jaco Vorster en Juahan van Aswegen. Tweedery vlnr: Wynand de Kock, Johann Greyling, Adri van Reenen, Hanno Greyling en Jandre Barnard. Voor vlnr: Muller van Reenen, Jacques Viljoen en Christiaan Lampbrecht. Afwesig: Shelbe van der Westhuizen.

POTGIETERSRUS – Die bedrywige atlete van Bosveld Akademie Privaatskool het op 5 Maart te Potgietersrus aan die Noord-Transvaal atletiekbyeenkoms deelgeneem en as volg presteer:

Vincent Bester behaal ‘n tweedeplek in die 90m Hekkies en twee derdeplekke vir die 200m en Gewigstoot in die Seuns O/14 afdeling. Janse Boshoff behaal vier eersteplekke vir 110m Hekkies, Hoogspring, 100m en 200m in die Seuns O/18 afdeling. Kobus Potgieter behaal ‘n tweedeplek vir Hoogspring en twee eersteplekke vir Verspring en Gewigstoot in die Seuns O/19 afdeling. Jaco Janse van Vuuren behaal ‘n tweedeplek vir Verspring in die Seuns O/15 afdeling. Gert Roets behaal ‘n eersteplek in Verspring, ‘n derdeplek in die 100m en twee tweedeplekke vir die 400m en Spiesgooi in die Seuns O/18 afdeling.

Gerda Goosen stel ‘n nuwe rekord op vir die 3000m in die Dogters O/14 afdeling en behaal ook nog drie eersteplekke vir 1500m, 800m en 400m in dieselfde afdeling. Nico Roets behaal vyf eersteplekke in die Seuns O/15 afdeling vir 1500m, 3000m, 800m, 100m en 400m. Sanel Steyl behaal drie eersteplekke in die Dogters O/18 afdeling vir Verspring, 100m en 200m. Victor van Aswegen behaal ‘n nuwe rekord in Diskus, en twee derdeplekke in Verspring en Spiesgooi in die Seuns O/18 afdeling. Erik Snyman behaal twee derdeplekke vir Gewigstoot en Turbospies in die Seuns O/11 afdeling. Ivan Frohlich behaal ‘n tweedeplek vir die 1200m in die Seuns O/12 afdeling. Sarah-Jane Jacobs behaal ‘n derdeplek vir die 100m en ‘n tweedeplek vir die 80m in die Dogters O/11 afdeling. Ockert Goosen behaal twee derdeplekke in die 200m en 800m vir Seuns O/13. Jaco Vorster behaal ‘n eersteplek in die 1200m en drie tweedeplekke in die Verspring, 100m en Gewigstoot vir Seuns O/13. Juahan van Aswegen behaal ‘n derdeplek in die 100m vir Seuns O/13.

Wynand de Kock behaal ‘n tweedeplek in Verspring vir Seuns O/10, Johann Greyling behaal ‘n eersteplek vir Hoogspring vir Seuns O/10, Adri van Reenen behaal ‘n eersteplek vir die 60m en ‘n tweedeplek vir die 80m in die Dogters O/8 afdeling, Hanno Greyling behaal twee derdeplekke in die 1200m en 100m vir Seuns O/13 en Jandre Barnard behaal ‘n eersteplek in die Seuns O/10 se Turbospies.

Muller van Reenen behaal twee eersteplekke vir Seuns O/6 60m en 80m en ‘n tweedeplek vir Turbospies, Jacques Viljoen behaal twee derdeplekke vir Seuns O/6 60m en 80m en ‘n derdeplek in Turbospies. Christiaan Lampbrecht behaal twee eersteplekke in die Seuns O/8 60m en 80m. Shelbe van der Westhuizen behaal twee eersteplekke vir Dogters O/12 100m en 150m. Hulle behaal 29 goue, 18 silwer en 17 brons medaljes tydens die byeenkoms.