14 Goues vir Bosveld Akademie tydens Vriendskaplik

Die atlete van Bosveld Akademie wat presteer het tydens die vriendskaplike byeenkoms te Potgietersrus op 12 Februarie: Agter vlnr: Gerda Goosen, Nico Roets en Janse Boshoff. Voor vlnr: Ockert Goosen, Ivan Frohlich en Erik Snyman. Afwesig: Shelbe van der Westhuizen, Jacques Viljoen en Marinus Viljoen.

POTGIETERSRUS – Die atlete van Bosveld Akademie het die afgelope maand goed presteer by verskeie atletiekbyeenkomste. Op Saterdag 12 Februarie het hulle ‘n vriendskaplike byeenkoms te Potgietersrus bygewoon. Gerda Goosen stel drie nuwe rekords op in die Dogters O/14 800m, 3000m en 1200m, sy behaal ook eersteplek in die 400m. Gerda ontvang hiermee trofeë vir Beste Hoërskool Baan Atleet en Senior Victrix Dogters Atleet. Nico Roets stel een nuwe rekord op in die Seuns O/15 800m en behaal eersteplekke in die 200m, 100m, 400m, 1500m en 3000m. Janse Boshoff behaal eersteplekke vir Seuns O/18 100m, 200m en 110m Hekkies. Ockert Goosen behaal ‘n tweedeplek in die Seuns O/12 800m, Ivan Frohlich behaal ‘n tweedeplek in die Seuns O/12 1200m, Erik Snyman behaal ‘n tweedeplek in die Seuns O/11 Turbospies en derdeplek in Gewigstoot, Shelbe van der Westhuizen behaal ‘n eersteplek in die Dogters O/12 100m, Jacques Viljoen stel ‘n nuwe rekord op vir Seuns O/6 60m en Marinus Viljoen behaal ‘n derdeplek vir Seuns O/8 Turbospies en tweedeplek in die 600m. 14 Goue medaljes, vier silwer en twee brons kom huis toe.