VLU dames leer by Masseuse

Die dames het almal lepeltjies ontvang, vlnr: Amanda Meintjes, Mari Meintjes (wenner van Jaar-trofee), Marcia Botha, Cilea Goosen, Hannetjie du Plessis en Annatjie Dreyer. Voor is die kompetisie-artikels wat Ellisras toe gaan en die trofee wat vir 2011 gewen kan word vir items wat gemaak word.

NORTHAM – Die dames van Northam VLU het ‘n baie aangename Februarie-vergadering gehad en is die fynere kunsies van massering geleer.

Bianca Conradie het as gasvrou vir die dag opgetree en moes sorg dat almal hulle olies en lappies het om die massering te kon doen. Die dames het mekaar se arms en hande gemasseer wat vir groot pret gesorg het, met ‘n paar nuwe idees wat onder die dames uitgeruil is.

Daar is items gelewer wat deurgaan na die Konferensie toe wat beoordeel sal word, slegs die beste in die afdeling sal pryse ontvang.

Lede wat ook punte in 2010 verdien het, het almal lepeltjies ontvang, hulle is: eersteplek Mari Meintjes, tweedeplek Annatjie Dreyer, derdeplek Hannetjie du Plessis, vierdeplek Cilea Goosen, vyfdeplek Marcia Botha, sesdeplek Amanda Meintjes, sewendeplek Linell Marais, agtsteplek Sonya Venter, negendeplek Alta Nortje en tiendeplek Bianca Conradie.

Die volgende vergadering sal plaasvind op 17 Maart te Northam en die jaarlikse Konferensie sal plaasvind op 16 Maart te Tom Burke, duskant Lephalale. Enige dames wat belangstel om te kom kyk wat die dames van Northam VLU alles aanpak is welkom om vir Mari te kontak by 082 086 4915.