Kwartet Cappuccino volgende Saterdagaand
THABAZIMBI – Die Kwartet Cappuccino bied op 12 Maart te KunsteGrot ‘n ongelooflike aand van sielsverrykende musiek aan.
‘n Heerlike Kaas-en-Wyn onthaal is by die prys van R130 per persoon en R100 vir seniors ingesluit. Die kwartet bestaan uit die dwarsfluitspeler Merryl Monard, die klarinetspeler Lizet Smith, die saxofoonspeler Matthew Lombard en die tjellis Wim van Schalkwyk.
Die program strek wyd en bestaan gepas uit heelparty dansstukke, dit sluit die mooiste werke van Bach, Bizet, Handel, Boccherini, Albinoni, Mozart, Di Capua en Beethoven in. En dan Honey, ’n komponis bekend om sy klankbaanmusiek, se Scarborough Fair, oftewel sy variasies op dié treffer.
Besprekings kan gedoen word by Rita Volschenk 083 7448559 of Francois by 082 687 6615.