Koedoeskop uitblinkers

Die drie atlete van Laerskool Koedoeskop wat tydens die Streeksbyeenkoms uitgeblink het. Voor: Linmirie Ras. Agter vlnr: Rensia Ehlers en Tatianna Rall.

BELA-BELA – Drie atlete van Laerskool Koedoeskop het met hulle deelname aan die Streeksbyeenkoms wat deur Laerskool Warmbad aangebied is, uitgeblink.

Tatiana Rall het ‘n eersteplek behaal vir 100m dogters O/13, Linmirie Ras het ‘n tweedeplek vir hoogspring, en verspring behaal vir dogters O/11 en Rensia Ehlers het ‘n derdeplek vir hoogspring dogters O/13 behaal.