Jannie Moolman by 40 Dae-feesgeleentheid

Jannie Moolman tree op by die gratis 40-Dae feesgeleentheid op 13 Maart te HFM rugbyveld. Almal is hartlik welkom om die feesgeleentheid by te woon.

THABAZIMBI – Die hele gemeenskap word hartlik uitgenooi na die gratis 40 dae feesgeleentheid op 13 Maart 2011.

Die tema van hierdie jaar is “Saam is ons beter” daarom word almal uitgenooi, al was hulle nie deel van die 40 dae program nie. Dit word aangebied in die vorm van ‘n piekniek, waar almal hul eie piekniekmandjie met eet- en drinkgoed pak, en met kamp- of tuinstoele op die rugbyveld kom piekniek hou terwyl Jannie Moolman optree.

Mense wat op die pawiljoene wil sit is ook baie welkom, die gedagte is juis dat daar soveel moontlik mense die geleentheid moet bywoon.

Almal is welkom om hul vriende en familie ook saam te bring na die geleentheid.  Dit vind plaas op die rugbyveld van Hoërskool Frikkie Meyer, vanaf 17:00 vir 18:00 op 13 Maart, sodat daar stiptelik om 18:00 begin kan word.