Interprovinsiale-keuring vir skaakspelers

Die drie skaakspelers van HFM wat gekwalifiseer het vir die Interprovinsiaal in Mei is vlnr: Adriaan Odendaal, Riaan Pieterse, en Jonithan Viljoen.

THABAZIMBI – Drie skaakspelers van HFM het op 12 Februarie te Leerskool Rustenburg aan ‘n skaaktoernooi deelgeneem en met baie goeie uitslae huis toe gekom. Hulle het meegeding in vyf wedstryde. Adriaan Odendaal, Gr 8, en Riaan Pieterse, Gr 8, het drie van hulle vyf wedstryde gewen en Jonithan Viljoen, Gr 8, het vier van sy vyf wedstryde gewen. Met dié goeie uitslae het hy as tweede beste in sy ouderdomgroep uit die stryd getree. Dié O/16-spelers het teen ouer teenstanders meegeding en steeds gekwalifiseer vir die interprovinsiaal in Mei.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.