HFM laat waai met rekords

Die 11 atlete van HFM het almal rekords verbeter met hulle deelname aan die Streeks byeenkoms wat gehou was te Warmbad. Voor vlnr: Glenize van Rooyen, Leonette van Rensburg, Tanya Marais en Nadine Prinsloo. Agter vlnr: Melvine Booysen, Armand Davies, Ryno Dumond en Z W van Deventer. Afwesig: Leandri Botha, Peter Malapane en Kgotso Sekoboane.

WARMBAD – Twaalf nuwe rekords is opgestel met HFM se deelname aan die streeksbyeenkoms verlede Saterdag 19 Februarie.

Die skole wat deelgeneem het was Palala, Bakenberg Mahwelereng en HFM.

Agt en vyftig atlete het deelgeneem en 12 rekords is verbeter. Die O/14 seuns wat rekords verbeter het was Kgotso Sekoboane (100m), Z W van Deventer (diskus), Peter Malapane (100m- en 300m hekkies) en Ryno Dumond (hoogspring). Ander atlete wat ook rekords laat spat het is Armand Davies (O/15 300m hekkies), Melvine Booysen (O/16 400m), Nadine Prinsloo (O/16 400m hekkies), Tanya Marais (O/16 200m), Leandri Botha (O/16 diskus), Leonette van Rensburg (O/19 driesprong) en Glenize van Rooyen (O/19 200m).

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.