Derdepoort se Bos-Gallop hierdie naweek

DERDEPOORT – Die NG Kerk, Dwaalboom, bied op Saterdag 5 Maart ‘n Bos-Gallop te Saamwerkboereverenigingsaal, Derdepoort aan.

Die verrigtinge begin omstreeks 08:00 en beloof om groot pret tot laat te verskaf. Almal word uitgenooi om hul bestuursvernuf op die plaaspaaie te gaan toets. Enige voertuie is welkom van motorfietse, vierwiel motorfietse en voertuie. Vermaak sluit in kinderpret, donkiekar ritte, stalletjies, “Bos-Gallop” koffiewinkel, baie om te eet, vars bees- en wildsvleis te koop, boogskiet – bring eie boog, windbuksskiet en nog vele meer.

Bring gerus u gesin en kom kamp vir die dag in die Bosveld. Daar is koeldrank en water, bring net jou eie koelhouer saam. Daar is hope pryse om te wen. Skakel Tarina of Isak by 083 778 8136 of 083 778 8135 vir verdere inligting.