VLU vier Valentyns

THABAZIMBI – Die dames van VLU Thabazimbi het op 9 Februarie hul hart op hul mou gedra met hul Valentynsete te Touch Restaurant.

Almal het geskenkies gebring en uitgeruil. Die tak was bevoorreg om Tharina Rossel, presidente van VLU Noord te verwelkom. Tharina se motiveringsboodskap was “Wees positief”. Tydens die vergadering is Pam Botha deur Liz van Tonder bedank vir haar harde werk as voorsitster van Thabazimbi VLU en wat sy vir die tak beteken het. Cecilia Dearlove is verkies tot nuwe voorsitster en beloof om Pam se skoene vol te staan.
Die tak se volgende vergadering word gehou by Aandrus Kwekery op 9 Maart om 09:00. Belangstellendes kan Liz van Tonder by 084 436 4429 skakel.