Uitslae van Top Tien skole te Pretoria

HFM atlete wat deelgeneem het aan die Top Tien skole Atletiekbyeenkoms te Pretoria, voor vlnr: Jeanri van Rensburg (hoogspring dogters O/16) sy verbeter ook die rekord, Tanya Marais (verspring), Leane du Plooy (hoogspring dogters O/14) en Leandri Botha (diskus en hoogspring dogters O/17). Agter vlnr: Ludwig Pieterse (gewigstoot seuns O/15), Z W van Deventer (diskus seuns O/14), Melvin Booysen (hoogspring en verspring seuns O/16) en Ryno du Mond (hoogspring seuns O/14).

PRETORIA – HFM was een van die deelnemende skole waar nòg 66 skole deelgeneem het op Woensdag 16 Februarie te L C de Villiers vir die Top Tien skole Atletiekbyeenkoms.

Skole van tot so ver as die Wes-Kaap het deelgeneem en 1030 atlete het ingeskryf. 10 atlete van HFM het plekke op die dag verwerf.