Terug skooltoe kompetisiewenner

Raphael de Beer het die Shoprite “Terug skooltoe” kompetisie gewen. Saam met hom op die foto is Lizelle Johnson, takbestuurder van Shoprite (links), sy ouers Peter en Celest de Beer en Juffrou Amanda Hinsbeeck, Raphael se onderwyser by Laerskool Thabazimbi.

THABAZIMBI – Shoprite bied jaarliks ‘n “Terug skooltoe” kompetisie aan wat leerders motiveer om ‘n tekening of opstel in te dien met die tema “wat ek wil word as ek groot is”.

Die wenner stap weg met prysgeld van R5000 wat aangewend word vir die jaar se skoolfonds. Raphael de Beer het hierdie jaar die kompetisie met sy “seekos-sjef” tekening gewen.