Gr 3’s by SAP

Na ‘n kort besoek aan die selle van die Thabazimbi Polisiestasie smeek Laerskool Thabazimbi se Gr 3’s om uitgelaat te word!

THABAZIMBI – Op hul versoek het die Graad 3-leerders van Laerskool Thabazimbi die afgelope week die plaaslike polisiestasie besoek, waar die leerders geleer het van wapens en gevare waarvoor kinders op die uitkyk moet wees.

Adj-offisier Barend Myburgh het die Gr 3’s gewys op die gevare van wapens en verduidelik wat die regte optrede is wanneer ‘n wapen hanteer word.

Karlien Greeff het die koeëlvaste baadjie en boeie aan die kinders demonstreer. Hulle is gewaarsku teen die gevare soos om met vreemde mense te praat en in vreemde motors te klim. ‘n Paar moontlike noodsituasies en die beste optrede tydens sulke situasies is bespreek, asook die noodnommers wat kinders moet onthou.

Die leerders is ook na die selle geneem waar konst Moshira Lekalakala die hek met ‘n reuse sleutel oopgesluit het. Voor huis-toe-gaan-tyd het elkeen ‘n sjokolade en brosjure oor kinderregte ontvang.