Geen brakkie-sakkies hier

Viv, wat gereeld tydens “Happy Hour” by Dewside optree geniet een van Dewside se disse. Saam met hom op die foto is Hennie Horn wat gou ook een van Dewside se lasagne’s kom toets het.

THABAZIMBI – Thabazimbi se nuutste restaurant, Dewside Restaurant by Dewside bier-brouery in Tweedelaan, beloof dat jy geen brakkies-sakkie daar uit hoef te dra nie.

Om een of ander rede het restaurante, dit sluit nou nie Franse Cosine-restaurante in nie, besluit dat, hoe groter die biefstuk, hoe meer waarde kry jy vir jou geld. Dewside restaurant lewer nie Franse cosine-disse nie, maar eg oorspronklike disse wat nie jou bord so vol lê dat jy uiteindelik vir ‘n brakkie-sakkie hoef te vra nie. Uiteraard is dit dan ook nie ‘n braai restaurant nie.

Met die samestelling van die spyskaart is klem daarop gelê dat jy jou ete saam met die plaaslik vervaardigde Dewside Ale, of die bier van jou keuse, of ‘n glas wyn, indien verkies, kan geniet. Hier is die voorvereiste nie dat jy na ‘n middagete die aand jou ete tuis, by die gastehuis of lodge waar jy tuisgaan, ook kan geniet nie. Of as jy die aand daar kuier, jy nie jou slaap met groot stukke gebraaide biefstuk gaan bederf nie.

Honger sal jy beslis nie uitstap nie. Die meeste disse bied vir jou ‘n volle 300gm tot 400gm waarde. Boonop kan jy nog ‘n slaai of ‘n pita-broodjie daarmee saam geniet.

Disse sluit in bobotie en geelrys met rosyntjies, beesstert, herderspastei, kerrie-en-rys, lasagne, Dewside schnitzels met kapokaartappels, Dewside frikkadelle met pasta of rys, verskeidenheid slaaie of, indien jy iets ligters verkies, pita-broodjies of pannekoekies met ‘n verskeidenheid vulsels.

Indien jy net lus is vir ‘n paar glase bier of glasies wyn is daar die gewilde mini-platters vir jou en jou metgesel wat jy ook in die gesellige kroeg in die kelderverdieping kan geniet.

Woensdag- en Vrydagaande vermaak Viv gaste tydens, en soms na, “Happy Hour” met sy stem en kitaar. Kom sing sommer net lekker saam en geniet die aand.

Vir meer inligting, skakel 014 777 1434 of kom loer in langs Die Kwêvoël se kantoor en sien vir jouself. Die restaurant en kroeg open weeksdae om 12:00 en Saterdae om 10:00. Ongelukkig is dit op hierdie stadium Sondae gesluit.

Viv, wat gereeld tydens “Happy Hour” by Dewside optree geniet een van Dewside se disse. Saam met hom op die foto is Hennie Horn wat gou ook een van Dewside se lasagne’s kom toets het.

Die gesellige en kleurvolle restaurant-gedeelte vir diegene wat nie in die kelderkroeg wil kuier nie. Die volle spyskaart is ook in die kroeg beskikbaar.

‘n Heelike ligte vis-gereg of bak lasgane is net die regte dis vir ‘n honger maag.