Cappuccino se “musiekkermis” kom kuier

Merryl Monard is deel van Kwartet Cappuccino wat Scarborough Fair Saterdag 12 Maart te KunsteGrot uitvoer.

THABAZIMBI – Die Kwartet Cappuccino bied op 12 Maart te KunsteGrot ‘n ongelooflike aand van sielsverrykende musiek aan.

Hulle speel onder ander Honey se Scarborough Fair variasies. Die geskiedenis van die kermis in Scarborough dateer van die Middeleeue toe handelaars op dié kusdorpie in Engeland toegesak het. Die kermis het sowat 45 dae ononderbroke aangehou. Uit Engeland self, Skandinawië, die Baltiese state en die Bisantynse koninkryk. Dit was waarskynlik ook ’n gepaste afskeid van die noordelike halfrond se somer. Die kermis is, met die toestemming van Henry III in Januarie 1253, in Augustus en September gehou.

Die KunsteGrot sit die feestelikheid voort met ‘n heerlike Kaas-en-Wyn onthaal. Die kwartet bestaan uit die dwarsfluitspeler Merryl Monard, die klarinetspeler Lizet Smith, die saxofoonspeler Matthew Lombard en die tjellis Wim van Schalkwyk.

Die program strek wyd en bestaan gepas uit heelparty dansstukke, dit sluit die mooiste werke van Bach, Bizet, Handel, Boccherini, Albinoni, Mozart, Di Capua en Beethoven in. En dan Honey, ’n komponis bekend om sy klankbaanmusiek, se Scarborough Fair, oftewel sy variasies op dié treffer.

Kaartjies beloop R130 per persoon en R100 vir Seniors. Besprekings kan gedoen word by Rita Volschenk 083 7448559 of Francois by 082 687 6615.