Bykans 200 visse getrek by De Rust Hengelkompetisie

HARTBEESPOORT – Northam Platinum Hengelklub het hul Februarie kompetisie by De Rust te Hartbeespoort dam aangebied.
Die vis het maar moeilik aan die byt gekom, maar aan die einde van die kompetisie is daar ‘n paar mooi sakke vis geweeg. Die grootste vis was deur Demsie Du Toit (Jr) gevang met ‘n massa van 4, 64 kg. Tokkie Burger het weer op sy beurt 30 vis gevang met ‘n massa van 23, 84 kg wat dan ook die wensak was. In totaal was daar 49 hengelaars wat 196 vis gevang het. Wenners was as volg: Mans: Tokkie Burger eersteplek, Demsie Du Toit (Snr) tweedeplek en Demsie Du Toit (Jr) derdeplek. Dames: Elize Harmse eersteplek en Somia Agenbach tweedeplek.
Juniors: Nico Geldenhuis eersteplek, Jaco Geldenhuis tweedeplek en Wickus Pretoruis derdeplek. Penkoppe: Nicolaas Agenbach eersteplek, Michael Haliday tweedeplek en Wayot Vosloo derdeplek.
Aas wat oor die algemeen goed gewerk het was plein Supercast mielie-bom met soet wit degies op die hoeke, dan was daar ‘n klein hoeveelheid “Ebony” en “Tjop-Tjop” van Supercast op die bol gegooi om die vis te lok. Diegene wat De Rust wil besoek word gewaarsku teen diefstal, andersins is dit ‘n baie lekker oewer om op te hengel. Die GPS ko-ordinate vir De Rust is as volg S25’45.708 – E27’49.993. Belangstellendes in varswater oewer-hengel kan gerus op Donderdagaande om 19:30 op Top TV se ASTV kanaal inskakel. Daar word baie inligting deurgegee deur een van SA se top hengelaars, naamlik Louwtjie Louwies.