Bloedige “bloodsomes” hierdie naweek by gholfbaan

THABAZIMBI – Johan Barnard (67) en Jaco Jacobs (67) is die manne wat die beste in verlede Saterdag se Vlagspel gevaar het. Christo Rall (70) en Pietie Terblanche (70) was die ander pryswenners. Goed gedoen julle manne.

Hierdie Saterdag is dit egter ‘n ander storie. “Bloodsomes” is die spel wat dalk bloedig kan raak. Hoe werk dit? Kom en skryf in, dis al manier hoe jy gaan uitvind. Bring maar die verbande ook saam.

Vrydag 4 Maart slaan die eerste rondte van die Interaksie gholf af. Dit sal goed wees as al die spanne wat ingeskryf het teenwoordig kan wees. Saterdag 5 Maart is die baan gesluit want dan is dit Bosveld liga hier. Die Maandelikse Slagspel word dan op 12 Maart gespeel. Die Bosveld Akademie borg die gholf van 19 Maart.

Vollie Volschenk