Atlete van Laerskool Thabazimbi vaar goed by Streeksbyeenkoms

BELA-BELA- Vyf en twintig atlete van Laerskool Thabazimbi het verlede Saterdag 19 Februarie aan die Streeksbyeenkoms te Laerskool Warmbad deelgeneem en goeie uitslae behaal.
Daar was agt eersteplekke, vyf tweedeplekke en ses derdeplekke. Die hoogtepunt van die dag was toe Kenneth Boy met ‘n kamera beslissing gewen het. Daar is 15 atlete wat deurdring na die Provinsiale byeenkoms wat op 5 Maart te Polokwane gehou sal word.