Romanse vir Thaba Scubaklub in Mosambiek

MOSAMBIEK – Die skubaduikers van Flippers to Fins, onderleiding van Morne Pheiffer, het verlede naweek vanaf 10 tot 13 Februarie ‘n romantiese Valentynsduik-uitstappie na Bilene te Mosambiek onderneem.
Volgens die duikers was die verblyf fantasties, die duik asemrowend en die kuier ‘n fees. ‘n Romantiese “booze cruise” na Inhambanga Paradise met “sundowners” het die paartjies in ‘n gemoedelike bui gehad, maar dit was die besonderse duik waaroor almal steeds gons.
Volgende Maandag- en Woensdagaand word daar ‘n Nitrox kursus aangebied en op Dinsdag- en Donderdagaand word daar ‘n beginnersduikkursus aangebied.
Die swemsessies sal Vrydagmiddag gehou word en die naweek by Miracle Waters spandeer om te kwalifiseer.
Belangstellendes kan Morne skakel by 082 461 0137 of Elderie van Wyk 082 779 0014. Flippers to Fins borg ook ‘n gaatjie by volgende Saterdag se Gholfdag te Amandelbult. Gholfers wat hierdie sport wil beoefen kan gerus op Saterdag ‘n draai by Attel maak om duik te gesels.