Blomme vir Bosveld Oord

Pixie van Boskabouters, Tannie Marie Theron en Tannie Bessie Barnard van Bosveld Oord en klein Karien, ook van Boskabouters tydens hul besoek aan Bosveld Oord op Valentynsdag.

THABAZIMBI – Valentynsdag kom slegs een maal per jaar, en dit is op hierdie dag wanneer geliefdes en verliefdes sosiaal verplig voel om hul gevoelens teenoor mekaar te verklaar met ruikers, juwele en duur sjokolade.

Maar dis ook sulke dae wat ‘n klein gebaar, soos ‘n blommetjie, ‘n ou tante se lewe kan ophelder. Dit is met hierdie gedagte dat die Boskabouter speelgroepe besluit het om blommetjies aan die Tambotie Huis vir bejaardes sowel as Bosveld Oord bejaardes te neem om hulle harte op hierdie liefdesdag te verbly.

Die senior burgers het weer op hulle beurt die kleintjies met lekkergoed wat mooi toegedraai was getrakteer. Dit was ‘n groot verrassing vir die kleuters.