ATKV TakJaarvergadering op Maandag
THABAZIMBI – Die ATKV-Thabazimbi Takjaarvergadering vind plaas op Maandag, 21 Februarie om 18:30 in die KunsteGrot, Eerstelaan 2.
Die sakelys vir die eerste ATKV Takjaarvergadering sluit in die ontwikkelingsorganiseerder se spreekbeurt, die goedkeuring van sekretariële jaarverslag asook die geouditeerde finansiële verslag, nominasies en verkiesings van nuwe ondervoorsitter, die afgevaardigde na AJV, die sekundus van AJV en die Direksievakatures.
Alle mosies en beskrywingspunte moet skriftelik ingedien en van motivering vergesel word. Die Takjaarprogram vir finale goedkeuring sal ook voorgelê word en die bepaling van die volgende vergadering van takbestuurslede sal bespreek word.
Al die bestaande ATKV-lede asook belangstellendes word hartlik uitgenooi, ATKV-lidmaatskapnommers moet saamgebring word. RSVP by Rita 083 7448559.