Hervormde Kerk Skud Blik

Hierdie groepie jeug van die Hervormde kerk het op Saterdag 5 Februarie by Spar se parkeer area ‘ponde’ ingesamel ter versterking van hul jeugfonds. Op die foto is Hester Erasmus, Chantelle Viljoen, Sophia Erasmus, Monica Ellis en Jaco Erasmus.

THABAZIMBI – Gedurende verlede naweek op Vrydag, 4 Februarie en Saterdag, 5 Februarie het die Hervormde Kerk se Jeug dit goed gedink om vir hulle Jeug Kamp fondse in te samel deur blik te skud by onderskeidelik Pick n Pay en Spar se parkeer terreine.

Jaarliks woon die Hoërskool Jeug van die Hervormde Kerk ‘n naweek kamp by en op die Kamp word daar nie net ‘gekerk’ nie, maar ‘n goeie gebalanseerde program word vooraf uitgewerk wat die kinders besig hou, sodat hulle poegaai is teen die tyd wat hul Sondag huiswaarts keer.

Lewendige beperkings rondom hedendaagse aktualiteite en uitdagings wat oor ‘n tiener se lewenspad kan kom, word afgewissel met egte tradisionele boeresport of avontuur/ hindernisbaan. Bekende sprekers tree op en Bybelvasvra kompetisies word gehou en natuurlik ‘n nagmars waarna Ds. Hennie die Kamp op ‘n eg Christelike wyse afsluit met ‘n erediens op Sondag oggend.

Die Blik skud-idee was die kinders self s’n alhoewel nie almal ewe entoesiasties was nie, maar met al die geld wat ingesamel is kan almal plus eksta nou gaan en die kamp geniet.