General

VLU Strewetak maak ‘n verskil

MAKOPPA – Die dames van Strewe het op ‘n goeie noot begin met hul eerste vergadering van 2011.

Die tema van hierdie jaar is ‘Maak ‘n verskil’ en Me Magda de Klerk van die SAVF het hulle ingelig waar en op welke manier hul ‘n verskil kan maak. Me de Klerk is alom bekend in Thabazimbi as maatskaplike werker en oudpredikantsvrou. Sy en haar kollegas hou hulle besig met die probleme in en om gesinne en die wat daar sonder sukkel.

Hulle bied ook ‘n poppekas vertoning aan vir kinders om hulle waaksaam te maak teen seksuele molestering. Strewe is voortaan geïnspireerd om hulle bydrae in ons gemeenskap te bring en bedank graag me De Klerk vir haar harde werk in die gemeenskap en dat sy die dames op Makoppa toegespreek het.