General

Thaba atlete doen dit weer

Die atlete van Laerskool Thabazimbi het rekords verbeter tydens die atletiekbyeenkoms wat plaasgevind het op Vrydag 28 Januarie 2011 te Ellisras. Voor vlnr Mothusi Gomba en Grant Matlou, middel vlnr Sean Thungo, Francois Buys en Tiaan Raubenheimer, Agter vlnr Andrew Khgotlang, Kenneth Boy en Michelle van der Sandt.

Die eerste vriendskaplike interskole atletiekbyeenkoms van die jaar is op 28 Januarie by Laerskool Ellisras gehou met Thaba-atlete wat hul staal gewys het.

Thabazimbi Laerskool, Laerskool Bosveld Primary en Unitas het teen die Rassies kom meeding. Dit was ‘n naelbyt-stryd. Thabazimbi het met 84 medaljes uit die stryd getree, met Bosveld ‘n kort kop agter met 83 en Ellisras 54. Behalwe vir die o/10-aflos, gewen deur Bosveld, het Thabazimbi al die aflosse gewen.

Heel party rekords het in die slag gebly:

Dogters o/11 Gewigstoot: Monique Kotze van Ellisras: 7.60m
Seuns o/13 Gewigstoot: Schalk Erasmus van Bosveld: 11,51m
Seuns o/12 150m Hekkies: William Thulare van Bosveld: 24.75s
Seuns o/13 200 m hekkies: Andrew Kgotlhang van Thabazimbi: 32.5s asook Shaun Thung ook van Thabazimbi: 32.78s
Seuns o/13 1500m: Shaun Thungo van Thabazimbi: 5.29,29s

Die Kampioen van kampioene, waar al die wenners van die 100m, met die nodige voorgee, teen mekaar meeding, sorg altyd vir ‘n taai stryd. Die kampioen van kampioene wenners was Kayla van der Merwe van Thabazimbi in ‘n tyd van 11.33s en Kenneth Boy, ook van Thabazimbi in ‘n tyd van 10.01s.

Elana Greyling