Lywige jaarprogram vir Northam VLU

Elize, Sonya, Annatjie en Cilea met van die kompetisie-artikels wat ingehandig is vir die konferensie tydens Northam VLU se vergadering.

SWARTKLIP – Op 20 Januarie 2011 het Northam VLU die jaar afgeskop aan huis van Voorsitter Annatjie Dreyer.

Reeds in Februarie word twee uitstappies beplan. Op15 Februarie gaan die dames die VLU-Streeksvergadering te Lephalale bywoon en op 17 Februarie beoog die dames om tydskrifte en storieboeke aan Bosveldoord te Thabazimbi te skenk waarna hulle Tambotie Versorgingsoord gaan besoek.

Kompetisie-artikels van hoogstaande klas is ingehandig, en verskeie nuwe lede is welkom geheet in die vriendekring van Northam VLU.

Dames word genooi om die volgende maandvergadering op 10 Februarie te Swartklip by te woon. Kontak Mari Meintjes by 0147860304 of 0820864915 vir verdere navrae.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.