Asjas is weg

Asjas, ‘n grys katjie met blou ogies het op 31 Januarie verlore geraak. Kontak Nico Tromp indien u vir Asjas gewaar het.

THABAZIMBI  – ‘n Babakatjie, woonagtig in die omgewing van Koraalboomlaan 4 het op 31 Januarie vermis geraak.

Die katjie, Asjas, se eienaar, Nico Tromp bied ‘n beloning aan vir die persoon wat vir Asjas terugbesorg. Asjas reageer ook op die naam “Liefietjie” of “Liefie”, hy is al bietjie groter as op die foto en omtrent 20cm hoog. Dit is nog ‘n jong katjie, baie spelerig en vol lewe. As daar met hom geraas word, gaan lê dié grys, blou oog katjie plat en hardloop nie weg nie. Enigiemand wat vir Asjas gesien het of weet waar hy hom nou bevind, kan Nico skakel by 078 322 1623 of Annabelle by 014 777 4615 kantoorure of 073 915 4919 na-ure.