Maak gereed vir Hengelkompetisie

THABAZIMBI – Thabazimbi Hengelklub bied eerskomende Sondag, 30 Januarie 2011 ‘n Ope Hengelkompetisie aan.
Daar sal stiptelik om 06:00 penne getrek word en die kompetisie sal amptelik om 07:00 begin, waarna daar stywelyne tot 16:00 sal wees.
Die pryse vir die dag sluit in, vir Grootste karp – Jagpakket van R7000, vir Grootste Kurper hengelnaweek – R3000, vir Grootste Barber – Geslagte Speenvark R700. Baie ander pryse op die spel. Slegs ‘n sekere aantal kaartjies beskikbaar, skakel dus nou om teleurstelling te voorkom.
Die volledige program van die klub se maandelikse kompetisies vir die res van die jaar sal eersdaags in Die Kwêvoêl verskyn. Die Ben Alberts Trofee tussen Thabazimbi en Mogol Hengelklub is amptelik terug en die kompetisie sal eersdaags tussen die twee klubs plaasvind.
Alle nuwe lede welkom om aan te sluit, vir ‘n aansoekvorm of vir padverwysings kontak thabahengel@gmail.com of 083 348 2315 of 083 269 2494.