Gumboots wen die prys

“Mynwerkers” was die Duikers se tema. Hulle het ‘n besonderse gumboots dans gedoen en verower ook die Sangbeker met hul luidkeelse samesang.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het verlede Vrydag, 21 Januarie 2011, hulle Huissport, so tussen die reën, aangebied.

Een van die vele hoogtepunte was die opkoms van die dirigente. Die Wit-span oftewel Rooibokke, was eerste aan die beurt en het hul lywe Egiptenare gehou soos in die tyd van Farao. Die dirigente het met ritmiese bewegings en gedansery die Rooibokke inspireer om op en af te spring en luidkeels te skree. Tweedens het die Rooi-span, oftewel die Koedoes die pawiljoene laat brul. Hul dirigente se tema was “Flags” en het met ‘n Beach buggy opgekom terwyl hulle vlae van die wêreld gewapper het. Die Koedoes het hul vlae op maat van die musiek heen en weer geswaai terwyl hulle gesing het. Die laaste span, die Blou-span, oftewel Duikers, was “Mynwerkers” wat met kruiwaens vol “goud” opgekom het. Hul “gumboots” dans was heel indrukwekkend en het met hul harde samesang almal goed te laat verstaan hulle is hier om te wen, want wenners verdien goed en mynwerker myn mos goud…