Goeie gholf by Indiwiduele Stableford
THABAZIMBI – Die Indiwiduele Stableford Saterdag 22 Januarie, is gewen deur Ettiene le Roux en Corlia Williams met 36 punte elk. Carel Jordaan en Terry Dearlove met 34 punte deel die tweedeplek.
‘n Naam wat gerus dopgehou moet word, is dié van Heinrich Penzhorn. Die junior het verlede Sondag op Bronkhorstspruit in ‘n kwalifiserende toernooi gespeel. Hy eindig negende uit 142 spelers. Die span wat later vanjaar in Amerika om die wêreldtitel gaan speel word later aangekondig. Die klub hou duimvas vir Heinrich.
Saterdag 29 Januarie is dit ‘n Beurtspel (Greensomes) kompetisie. Spelers skryf in pare in.
Die eerste borgdag is op 5 Februarie. Die nuut-gestigte ATKV-tak van Thabazimbi wil hiermee fondse genereer vir talle gemeenskapsprojekte wat vir die jaar beplan word. Daar is reeds groot pryse bekom en die veld gaan tot 72 spelers beperk word. Daar word in drie afdelings gespeel. U kan by die klub inskryf, as indiwidu of ‘n paar of as ‘n vierbal by ‘n tyd wat u pas. Die tye wat op die klub se lys uitgeblok is kan by Vollie Volschenk by 083 507 3148 bespreek word. Die reëling is om duplikasies te voorkom. Inskrywings sluit op Woensdag 2 Februarie 2011.
Vollie Volschenk