Sport

Oud HFM leerling nou by BBRSV

Hennie Lourens het in 2010 die Blou Bul Rugbyskeidsregtervereniging wisseltrofee ontvang vir die beste bevorderde skeidsregter in Limpopo.

THABAZIMBI – ‘n Matrikulant van HFM, Hennie Lourens, het in 2007 gematrikuleer en reeds in 2008 as Unie Rugbyskeidsregter geregistreer by die Blou Bul Unie .

Hy het as 19-jarige die wisseltrofee ontvang vir die beste bevorderde skeidsregter in Limpopo vereniging gedurende 2010. Hy ontvang ook ‘n trofee as die skeidsregter wat die beste vordering getoon het in die 2010 rugby seisoen. Daar is tans 42 aktiewe skeidsregters in Limpopo waarvan Hennie een is. Hy is tans ‘n student Onderwyser by Laerskool Ellisras waar hy deur Unisa studeer.