Totsiens, maar nie Vaarwel

THABAZIMBI – Pottie en Mina Potgieter, bosveld inwoners van meer as drie dekades het Thaba in Desember gegroet.
Pottie is oorgeplaas na Postmasburg waar hul sedert 10 Desember 2010 woonagtig is. Dié egpaar groet Thabazimbi, hul vriende en kennisse vir eers, maar beloof om terug te keer “huis toe” wanneer hul op aftrede se stoep staan. ”Ons hou Die Kwêvoël en Thabazimbi se bedrywighede dop op Facebook. Groete aan die mooi Bosveld en sy mense.”