Hoërskool Frikkie Meyer presteer in 2010

THABAZIMBI – HFM se leerders het gedurende 2010 puik prestasies opgelewer. Die slaagsyfer van Hoërskool Frikkie Meyer se Graad 8 tot 11 het aansienlik verbeter wat toegeskryf word aan leerders wat skouer aan die wiel gesit het, betrokke ouers en toegewyde personeel.
Akademie by Hoërskool Frikkie Meyer is die skool se eerste prioriteit en gedurende 2010 het die leerders puik presteer. Die onderskeie graadgroepe se slaagsyfer en uitslae is as volg: Graad 8 – 96,30%, Graad 9 – 97,40%, Graad 10 – 96,80% en Graad 11 – 97,80%. Gedurende 2010 het die skool puik presteer op sport- en kultuur gebiede en het die graad 8 tot 11 uitslae bewys dat die gemeenskap trots kan wees op hul gemeenskapskool.
Die Matrieks van 2010 maak geskiedenis deur die slaagsyfer van 2009 met 2,38% te verbeter. HFM se Graad 12 leerders van 2010 het as volg presteer: 78 Leerders kwalifiseer vir Baccalaureus Graadstudie, 57 vir Diploma-studies en 13 vir Hoër Sertifikaat studies.
Individuele uitslae is aan die orde van die dag en dié volgende leerders het uitstekend presteer: Anda Lee met 7 onderskeidings met ‘n gemiddeld van oor die 90%; Niel Koekemoer met 6 onderskeidings en Martin Meintjies, Franko Terblanche, Tommie Venter en Henko Terblanche het elkeen 4 onderskeidings behaal, terwyl Ilze van der Westhuizen, Manette Matthee, Lindi McIntosh en Werner Rall 3 onderskeidings gekry het. In totaal het HFM 147 onderskeidings behaal.
Aangesien ‘n baie groot hoeveelheid leerders B simbole behaal het, sal verskeie vraestelle hernagesien word en aanvullende eksamens behoort die leerders se prestasies verder te verhoog.
Op 6 Januarie 2010 is Mnr Colin Campbell, skoolhoof, Anda Lee en haar ouers uitgenooi na die Limpopo Departement van Onderwys se Spesiale Byeenkoms vir leerders en skole wat buitengewoon presteer het. Die volgende toekennings is aan Hoërskool Frikkie Meyer gemaak: Anda Lee ontvang ‘n trofee vir een van die beste 30 leerders in die provinsie; Top 40 Trofee: Een van die beste 40 akademiese hoërskole in die provinsie; Klub 50 Trofee: Toegeken dat Hoërskool Frikkie Meyer meer as 50 leerders het wat Wiskunde en Fisiese Wetenskappe geslaag het en Kring Trofee: Deel van die kring Thabazimbi wat aangewys as die beste kring in Waterberg met minder as 600 kandidate.
Die hoof en personeel wens elke matriek, ouers en voogde, van 2010 geluk met elke prestasie en glo dat elke leerder tot sy of haar volle akademiese potensiaal ontwikkel is. Seënwense word hul toegewens op hul toekomspad.
Baie sterkte ook aan die Graad 12’s van 2011.