Groot skatte teen lae pryse by TAR se “Charity Shop”
THABAZIMBI – Die gemeenskap van Thabazimbi word herinner aan TAR se Charity Shop in Dertiendelaan, reg langs Trinketts and Bells (die Blommehuis). Wit olifante, klere, mandjies, tuingereedskap, keramiekornamente, baba speelgoed en nog vele meer word teen ‘n spotgoedkoop prys verhandel. Enige navrae kan aan Paula gerig word by 083 256 6138. Die besigheidsure is Vrydae 14:00 – 17:30 en Saterdae 10:00 – 13:30. Alle fondse gaan aan Thabazimbi Animal Rescue ter dekking van hul mediese uitgawes.