Sport

Groot gholf pret met Gekkedag

THABAZIMBI – Gekkedag is elke jaar ‘n heerlike gholf pretdag en ook die klub se jaareind funksie.

Die wenspanne van die dag se gholf was A Meyer, Esme Behrens, Charlie Penzhorn en Heinrich Penzhorn met 100 punte. Jaco Jacobs, Sarel Marais, Chris Bronkhorst en Tiaan Bronkhorst met 94 punte was tweede. Op ‘n uittel op 91 was dit Johan Barnard, Johan Prinsloo, Nico van der Westhuizen en Ettiene le Roux asook Johan Smit, J Beyers, Walter en Gert. Dit is maar ‘n goeie gholfgebruik dat spelers hulle volle name leesbaar op die telkaart skryf.

Die jaarlikse toekenning is ook gedoen. Die Britz Ere-swaard word toegeken aan Esme Behrens. Hans Human is die karakter van die jaar, Heinrich Penzhorn kry die Kapteinsbeker en die Presidentsbeker gaan aan Johan Barnard. Baie geluk aan die wenners veral aan die spesiale en gesogte jaar-toekennings se wenners.

En nou bly nog net Saterdag se Slagspel oor voordat spelers vir die res van die jaar maar hulle eie spelreëlings moet tref. Donderdag 9 Desember gaan die Sages nog op Naboomspruit speel. Dit is ook die Waterberg Sages se afsluitings funksie vir die jaar.

Vollie Volschenk