170 Gevulde Kerskouse

THABAZIMBI – Die afgelope weke is berig in Die Kwêvoël oor die wenslysies van die Abraham Kriel Kinderhuis.
Dié Kinderhuis van sowat 170 wesies, het ‘n wenslys uitgestuur in die hoop dat slegs een van hul vier keuses vanjaar in hul Kerskous te lande sal kom. Die gemeenskap van Thabazimbi het weereens gewys wat in hul steek, toe ‘n projek onderleiding van Anita Barnard en Ilza Malan van ERA Eiendomme geloods is. Volgens Anita het harte en beursies oopgegaan om 2010 se Kersfees vir die wesies onvergeetlik te maak. Daar word tans gewerskaf om die geskenke vandag, Vrydag 3 Desember gereed te hê en word die pakkies met al vier wensies gevul.
Die gemeenskap word bedank vir hul ruimhartige bydraes. Volgens Anita het hul soveel positiewe terugvoering ontvang gedurende die projek dat hul reeds kans sien vir volgende jaar se lysie.
