Roos-ghoeroe se dogter kuier by VLU Strewe

MAKOPPA – Die bekende Roos-ghoeroe, Ludwig Taschner van Ludwig’s Roses, se dogter, Anja, het Strewetak se dames op Dinsdag 16 November toegespreek.
Anja het haar kennis oor kruisbestuiwing, plantversorging en plaagbeheer met hulle gedeel en ook die fantastiese produkte saamgebring wat hulle tans beskikbaar het. Die produkte word uit roosvrug, roosekstrak of roosolie gemaak. Daar was ook plant- en bosse rose te koop en die dames het weer nuwe inspirasie gekry vir hulle plaastuine. Anja is die skrywer en illustreerder van haar eie kinderboek en dit blyk dat die boekie in ‘n reeks kan ontaard. Haar energie het op elke dame posgevat. Die 26 jarige meisie van Pretoria is waarlik ‘n inspirasie.
Die Strewe het met hierdie byeenkoms ook afgesluit en wens almal ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar toe. Skakel Jacolene vir die nuwe jaarprogram, 0835715057.