EntertainmentTop Stories

Manuel bekoor steeds

Rita Volschenk word met ‘n minnesang deur Manuel Escorcio bekoor. (Vollie moes maar gedweë toekyk en op sy tande byt).

THABAZIMBI- Die Kunstegrot het met Manuel Escorcio afgesluit vir 2010.  Dit was voorwaar ‘n belewenis om die immer gewilde tenoor, Manuel Escorcio, eerstehands te ervaar.  Die publiek by die Kunstegrot was heel eerste om sy nuwe kapsel te sien.

Ten spyte van die afgelope weke se negatiewe publisiteit het hy die gehoor van jonk tot oud bekoor. Manuel het ‘n besondere verhoog persoonlikheid – hy was lighartig, beswaard, hartseer, ernstig en natuurlik het hy die vroulike geslag se knieë lam gehad met ‘n tikkie outydse sjarme.  Menige het ‘n traan gestort toe hy “You raise me up” van Josh Groban gesing het.

Op elke konsert sing hy dié lied ter herinnering van sy seun wat twee jaar gelede verdrink het, asook vir elke ouer wat al ‘n kind aan die dood afgestaan het.

Die aand was ‘n aangename verrassing en voorwaar  ‘n sukses.