Thaba goed verteenwoordig by Sun City driekamp

Ses van Thabazimbi se driekamp atlete het aan die International 11 Global Triathlon deelgeneem. Van links na regs: Johan Pienaar (2:49:31), David Potgieter (3:35:40), Barend Schlebusch (3:37:45), Luzaan Combrink (3:18:06) en Wilma Pienaar (3:09:22). Afwesig: Gerrie Raubenheimer (2:50:20).

THABAZIMBI – Ses van Thabazimbi se volwasse atlete het op Sondag 7 November 2010 aan die International 11 Global Triathlon driekamp te Sun City gaan deelneem.

Hierdie driekamp staan ook bekend as die “Toughest Triathlon in Africa”. Twee van hul soort word in Suid-Afrika aangebied, waarvan die een in Kaapstad en die ander een by Sun City aangebied word. Die goed voorbereide atlete het die driekamp wat bestaan het uit 1.5 km swem, 40 km padfiets en 10 km hardloop aangedurf. Elke dissipline verg sy eie uithouvermoë en bedrewenheid met elk sy eie uitdagings.