Sport

Posduifklub se Klubkampioen 2010

Nico van der Westhuizen, 2010 se Posduifklubkampioen met al die bekers wat hy by die Thabazimbi Posduifklub verower het.

THABAZIMBI – Nico van der Westhuizen is aangewys as 2010 se Posduif Klubkampioen. Volgens die klub is Nico ‘n ware “Meester” in die Duiwesport.

Op streeksvlak, bestaande uit TPK, TSPK en Bosveld, met 33 lede eindig Nico ook eerste. In die Unie (PSWU) wat bestaan uit Rustenburg met hul drie klubs, Mooinooi en Brits asook die drie klubs in die Krokodilstreek met ‘n totaal van 116 spanne, eindig Nico algeheel in die sewendeplek en Glen van Rooyen in die elfdeplek.

Daar is ook afskeid geneem van Johan Prinsloo wat na 16 jaar eers bietjie gaan rus. Die klub bedank Johan vir 16 jare se vriendskap in die Duiwesport.