Thabazimbi Hengelklub in die pyplyn

THABAZIMBI – Na verskeie navrae en beraadslaging, word daar tans beoog om ‘n sosiale hengelklub vir Thabazimbi op die been te bring.
Die klub sal onder Noordwes geaffilieer word met die gevolg dat deelnemende hengelaars aan provinsiale proewe kan deelneem, net soos enige ander sportsoort. Ses van die kompetisies sal omliggend plaasvind en die ander ses in damme binne ‘n radius van 150km. Afdelings waarin deelgeneem sal word is Mans, Dames, Juniors (13-18jr) en Penkoppe (0-12jr).
Juniors en penkoppe sal onderskeie afdelings van seuns en dogters hê alhoewel hulle tydens proewe nie onderskeidelik kan deelneem nie.
Ledegeld beloop R50 per gesin, met ander woorde nie-werkende lede, per maand. Sodra ‘n lid van die gesin self onderhoudend is moet hy addisioneel aansluit.
Daar sal elke maand ‘n medalje of trofee vir die eerste drie plekke toegeken word in elke onderskeie afdeling.
Die klub se hoofleuse is “catch and release”. Die eerste kompetisie word in Januarie 2011 aangebied. Alle belangstellendes word genooi om vir Nicolene te kontak by 083 348 2315 of e-pos thabahengel@gmail.com.