Thaba klop Lephalale in Interlaer Gholf

LEPHALALE – Op Vrydag 15 Oktober 2010 het agt seuns van Laerskool Thabazimbi aan die jaarlikse Interlaer Gholf kompetisie te Lephalale deelgeneem.
Agt en veertig gholfspelers vanuit nege verskillende skole moes sake op die gholfbaan uitspook. Laerskool Thabazimbi se span treë as algehele wenners uit die stryd en Henno Jordaan, ook van Thabazimbi, behaal ‘n tweedeplek posisie in die individuele kompetisie.
