TAR roep dringende vergadering

Die op-en-wakker hondemaatjie sal klein kinders ure lank vermaak.

THABAZIMBI – ‘n Dringende vergadering word eerskomende Maandag, 15 November te AB Labour se Boardroom gehou.

Alle nuwe vrywilligers en belangstellendes word genooi om die vergadering wat om 16:30 plaasvind, by te woon.

Vakansie vrywilligers word steeds benodig, die veeartse het reeds gewaarsku dat die kersseisoen een van die besigste tye in die jaar is wat diereversorging betref. Enigeen wat wil help of TAR kan ondersteun word gevra om Tania te skakel by 084 8856487.