General

Staan op en gaan eksamen wenke

Vir jou kind is eksamens werklik uitputtend. Verseker dat jou kind oor die finale hekkie spring deur hom aan te moedig om verskeie studiebreuke te neem. ‘n Vinnige stappie of om te gaan draf dra by tot vars lug en verbeter konsentrasievermoë en gereelde maaltye deur die dag met ‘n verskeidenheid voedsel verseker dat jou kind se liggaam die nodige voedingswaarde verkry wat dit vereis om optimaal te funksioneer. Swak voeding kan akademiese prestasie benadeel.

Die brein is heeltemal op glukose vir energie afhanklik en ‘n tekort aan glukose in die brein kan lei tot swak kognitiewe prestasie. Glukose kom hoofsaaklik van koolhidraatryke voedsel soos brood, rys, ontbytgraan en aartappels en moet die basis van alle maaltye vorm. Om koolhidrate uit die dieet te neem, kan lei tot lae glukosevlakke in die bloed en daardeur die brein van die nodige energie ontneem wat dit nodig het om 100% te funksioneer.

Selfs op die besigste oggende kan enigiemand die voordele van ontbyt geniet. Ontbyt hoef nie tradisioneel of uit die boeke te wees nie. Beplan ‘n aansit ontbyt of gryp-en-gaan, wat ookal vir jou en jou familie werk.

Ontbyt op ‘n drafstap: Grondboontjiebotter of kaastoebroodjie met ‘n stukkie vrug en ‘n glas laevet melk. Lig gebotterde volgraan rolletjie, laevet joghurt en vrugtesap. Versap een koppie bessies met ‘n halwe piesang, ‘n halwe koppie laevet joghurt en ‘n koppie ys vir ‘n vinnige “smoothie”.

Ontbyt by die huis: Jou gunsteling ontbytgraan met laevet joghurt of melk en gedroogde vrugte. Volgraan geroosterde brood met maaskaas en ‘n sny appel of piesang. ‘n Muffin met ‘n bietjie konfyt, kaas en vars vrugte. Gekookte of geposeerde eier met brood en vars vrugte. Vermeng melk, vrugte en joghurt om ‘n ontbytskommel te maak.

Naweek ontbyt, wanneer jy meer tyd het: Volgraan plaatkoekies of pannekoek met vars vrugte en joghurt. Geroosterde brood met bone, gekookte tamaties en sampioene. Omelet gevul met tamatie, groenpeper en sampioene, volgraan geroosterde brood met ‘n glas melk. Franse eierbroodjie met ‘n versapte papaja en pynappel vir ‘n tropiese vrugtedrankie.

– Uitgereik deur SA Sugar