Silwervarings verwelkom nuwe lede

Oom Stefaans en tannie Petronella is die Silwervarings van die AGS Sionsberg gemeente se nuutste lede.

THABAZIMBI – Die Silwervarings van die AGS Sionsberg gemeente in Thabazimbi het op Sondag 7 November hul jaarlikse afsluiting gehou.

Oom Stefaans en tannie Petronella, die nuutste toevoeging tot die Silwervarings, het die afsluitings-ete by hul tuiste aangebied waar die sowat 30 Silwervarings saamgekuier het. Hul bedank graag vir Alta Graill wat die heerlike maaltyd voorsien het, volgens almal wat smaaklik aangesit het, is sy ‘n kok uit die boonste gestoeltes.

Die Silwervarings word die Here se seën toegewens met goeie gesondheid en vrede. Die gemeente wens hul ook ‘n vreugdevolle Kersgety toe.

Hul bedank ook graag die borge vir elke bydra wat gelewer is, om die dag besonders te maak.